Ons het toe uiteindelik ons dieretuin-uitstappie gehad. Geen siekte of reën kon ons weghou nie. Darem sonnig gewees. (al het hul reën voorspel vir Sondag)
Oliver was natuurlik salig onbewus van al die diere. Maar hy is mal oor buite wees, so het lekker rondgekyk na die blare. Die visse in die akwarium was sy hoogtepunt. Hy het gestaar na hulle. Dit laat my amper oorweeg om 'n vistenk te kry. Maar net amper.
Alexander was uit sy kassie. Was vreeslik opgetrek met al die "damme" Die apiesrivier en elke hok se bietjie water was vir hom 'n dam.
Hy het ook onthou van die baba-olifant wat ons meer as 'n jaar laas daar gersien het. Hy erken ongelooflik baie diere. Mens vergeet hoe baie neem hulle in en hoe baie kennis alreeds in daardie brein is.
Ons het 'n stroller gekoop vir die uitstappie. Hy het afgewissel tussen sit in die stroller en vooruitdraf en skree: daar's 'n dam!
Sy grootste treat was die haaie. Hy het van venster tot venster gegaan en gesê: kom ons kyk nog 'n haai. Nevermind dat dit 'n ronde tenk is en ons net op een plek kan wag vir die haai om verby te swem.
Heerlike dag. My maatjie het ons daarna bederf met HEERLIKE koffie en pasta.
Ek sal paar foto'tjie opsit. Alhoewel nie van die diere nie. 'n pikkewyn is 'n pikkewyn is 'n pikkewyn.
Sunday, July 15, 2012
Monday, July 2, 2012
ek en die kids
Hier is 'n paar foto'tjies van my en die kids.
Ek belowe ons het 'n pa ook. Ons wil die naweek dieretuin to gaan, dan sal ek iemand vastrap om daar ook 'n paar kiekies te neem.
Die kids is darem beter. A blaf nog bietjie, maar hy lyk aansienlik beter as verlede week.
Subscribe to:
Posts (Atom)





